Watse knoffel om te plant ? =========================== Die tipe knoffel om in jou area te plant kan van klimaat en grond afhang, mens kry tipes wat redelik bestand is verskillende klimate en grond soos : rocombole Maar ek is ongelukkig net blootgestel aan die reuse knoffel wat groei in Krugersdorp area (Transvaal - Gauteng) Grond ===== Tipe grond : Diep, vrugbare grond wat GOED gedreineer is, word benodig. pH vlak : Bo 6.0.( Verkiesbaar, pH 6.5 -7.0). As jy kalk wil gooi. Gooi so maand voor die tyd. Andere : Goeie kompos kan van voordeel wees vir die plante voor gesaai word. Plant tyd =========== Warm temperatuur areas in die algemeen. Dit kan in herfs tot vroeg winter geplant word onder warm temperatuure. Herfs geplant knoffel sal dormant bly vir 'n paar weke en dan wortels ontwikkel en begin groei. Met die koue van die winter groei dit redelik stadig tot temprature warm word in lente. Die koue van die winter is noodsaaklik om die kant huisies meer te maak wat dan later sal groter word. In party sal dit blomme ook veroorsaak. Die lang dae van lente laat die knoffel se huisies ontwikkel en waar moontlik die blomme. Dit is moontlik om in vroeg lente te plant, maar dan kan jy sukkel omdat die wortels nie vroeg ontwikkel het nie en nie genoeg koue bloodstelling nie dus huisies vermeerder nie so goed nie en met baie reen (soos hierso is die laaste tyd) kan dit moelik raak om met die grond te werk. As moontlik plant na die eerste goeie ryp in herfs. Die plant sal wortels produseer,maar baie min plant bo die grond. Die gedeeltes wat bogrond sal die winter se koue kan oorleef ( kan selfs sneeu oorleef). As moontlik, moet die planties bedek word met gras of saagsels om te help om die temperatuur konstant te hou deur die winter (+-15cm dik afhangend van distrik - hoe koud dit daar word, as voorbeeld waar dit sneeu en goed onder vriespunt gaan, kan mens dit 15cm dik sit anders waar nie en redelike ligte winter kan mens dit maar lig gooi.). Dit kan ook help om water langer te hou Kan die gras of saagsels tussen die blare laat ingaan. Dit help ook om onkruid te onderdruk wat knoffel groei kan belemmer. Die wortels sal dan sterk word virlente tyd. AS dit lente word. Neem dan die gras of saagsels weg (maak die plant oop). Om in lente te plant kan in hoërliggende gebiede geskied, aangesien die langer dae die bou van die knoffel (bol) sal aanhits,maar die korter seisoen sal betekn 'n kleiner bol. Plant ===== Kies altyd die grootste huisies. Dit help om jou kwaliteit op te hou. Maak ook seker daar is nie vrot dele of plekke wat deur insekte gebyt is nie. Dit sal jou benadeel as jy hulle plant , gooi dit liewers uit. So week voor jy begin plant. Haal die huisies van mekaar af en sit die wat jy wil plant. Sit in karton boks. Die rede is om 'n idee te kry van die area wat jy gaan benodig of wat bedek kan word. Die huisies wat sy skil verloor, kan jy maar gebruik om te eet. Probeer net die plant wat skille. Plant met wortels na onder dit kan net net bedek wees met grond tot en met 25mm diep. Sit hulle soo 10cm van mekaar af. Rye kan so 40cm van mekaar af wees. Oes === Mens moet dit oes voor al die blare weggedroog het. As dit in jou area gewoonlik nat is met oes tyd oorweeg om hulle dan vroeër te oes (Mens kan hulle dan onderdak droog). As die plant in nat grond gelos word kan die buitekant gewoonlik vrot en as daar wortel siektes is dan kan dit te ver ontwikkel in nat grond en die plant (bol) sal uitmekaar val wanneer geoes word. Knoffel moet versigtig behandel word aangesien hulle nie baie goed stoor as beskadig of gekneus is nie Om te weet wanneer dit om en by reg is kan mens twee goed doen. Kyk na die blare of dit bruin is en dan dit uittrek, maar faktore soos nat weers omstandighede kan 'n effek gehad het, dus kan mens ook een van die plante uittrek wanneer die blare bruin raak en dan die skede tel wat op die plant vorm. (Die velletjie wat hom omhul). As daar so 2-4 is dan is hy reg om te oes, 2 skede is seker veiliger , maar mens kan maksimum gaan tot 4 anders ontwikkel die plant te ver. AS die plant te ver ontwikkel dan maak hy oop en dan gaan jy BAIE sukkel om hom sonder skade uit die grond uit te kry!. Was hulle dadelik as jy hulle uithaal. Spesifiek die wortels (daar kan siektes wees in die grond wat mens nou al wil weg voor mens stoor). Moet nie te lank wag nie. AS die bol droog moet jy probeer verhoed dat hy weer nat word anders gaan daar siektes kan ontstaan, die bol kan vrot ens. Stoor ===== Die bolle moet so gou moontlik gedroog word nadit skoon is. As jy in warm area bly moet nie bolle direk in son los nie anders kry dit sonbrand. Sit maar onderdak vir eers. Droog vir so 2-3 weke, die skede (velletjie om die bol) sal papier droog word. Sodra hulle droog is kan jy die wortels afsny. ( Nie voor dit tyd nie). Mens kan ook die blare afsny en in net sakke stoor OF hulle nie afsny nie en in mekaar vleg en dan so stoor. Moet in koue DROë omstandighede gestoor word, anders gaan die plant weer probeer ontwikkel OF sade wat net groot ENKEL huisies maak. Neem ook kennis dat te veel van iets nie goed is nie, dus te lang koue berging kan ook die ontwikkeling benadeel. As jy jou eie sade wil hou. Kies die grootste beste bolle, MAAR los dit net soos dit is, moet nie die huisies afhaal nie TOT dit weer plant seisoen is nie. LET dat GOEIE lug sirkulasie benodig word ten alle tye. Iets om te weet =============== Probeer nie sade van groente markte koop nie, kan moontlik ingevoer wees en kan siektes (virusse) dra wat dan oordra na jou grond. (Knoffel het nogal virusse as vyande). Water. Maak seker die grond word nie heeltemal droog nie. dit sal die ontwikkeling van die bol belemmer. stop water gee as die blare begin bruin word. AS jy te VEEL water gee sal die blare geel word. Hoe groter en gesonder jou blare is voor die bol begin ontwikkel , hoe grooter en beter gaan jou bol en huisies wees. Enige iets wat kan help om die plant se ontwikkeling te bespoedig, om voortebly teen siektes, sal jou opbrengs verbeter. Mens kan dit ook in geligte rye plant (soos pary wortels plant) om te help met dreineering. Meer informasie =============== Hoop die informasie sal, help gaan kyk gerus na die lnr en elsenburg webtuistes vir informasie (het skakels ondertoe ingesit) Kontak hulle ook gerus Die kontakpersoon by LNR-Roodeplaat is Estia Joubert. Haar epos is; EJoubert@arc.agric.za Daar is ook nog handleidings oor patats, aartappels en die een wat ek geskryf het oor aartappel-peste. Almal is in Engels, maar ons is besig om die aartappel-handleiding in Afrikaans te vertaal. Al die LNR-Publikasies is op hul web by www.arc.agric.za. Gaan dan na Products, Information Products en dan Books. Daar is meer as 100 boeke gelys met besonderhede. Die boeke is slegs by die LNR verkrygbaar en nie in winkels nie. Guide to Garlic Production in South Africa, 2004, Edited by J.G. Niederwieser. Kontak LNR-Roodeplaat by (012) 841 9611 vir meer besonderhede. Die boek het 50 bladsye en kos R100. Alle aspekte van knoffel-verbouing word gedek en is in volkleur Elsenburg se skakels (baie goeie informasie) http://www.elsenburg.com/info/els/toc_elsa.html LNR se webblad met lys van wat beskikbaar is kyk gerus die Books , Booklets en Infopaks. Ook as jy by die landbouweekblad se gesprekforum wil aansluit gaan na http://www.landbou.com/mening/forum/forums/epos-gespreksforum/gesprekke en vra gerus vra, glo daar sal mense wees wat graag help Hoop dit help, baie sterkte daardie kant Kontak besonderhede. ==================== Die artiekel is geskrywe van informasie wat maar gehoor is by ander mense, in boeke of op die internet gelees is of wat maar net self ervaar is. As u enige verder informasie het, regstellings of vrae. Kontak asb. gerus. Ek is geen kenner op die veld nie en waardeur meer informasie. Webtuiste : www.intelli.co.za E-pos : Johannes@intelli.co.za Selfoon : 082 564 0896